Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

GOURITSMOND WATERTOEVOER: 10 MEI 2021

Gouritsmond se reservoir is tans op 15%. Die invloei na die reservoir is stadig en sal die opvulling en dosering deur die nag geskied sodat die watertoevoer na die dorp so spoedig as moontlik aangeskakel kan word. Daar is tans water tenke by die volgende areas geplaas: Bitouville gemeenskap, karavaanpark sowel as Gouritsmond gemeenskapsaal. Die water trokke is op bystand in Bitouville area en kan Cornelius Valentyn by 084 921 4951 of Pieter Floors by 078 078 4076 gekontak word indien nodig. Die Munisipaliteit doen alles in hul vermoë om te verseker dat die watertoevoer so gou as moontlik aangeskakel word. Die gemeenskap word bedank vir hul geduld.

UITGEREIK: Hessequa Munisipaliteit op 10 Mei 2021 om 16:22

Thank for your file upload