GOURITSMOND WATERTOEVOER: 11 MEI 2021

image_pdfimage_print

Gouritsmond se reservoir is tans 40% vol en sal die watertoevoer na die dorp om 12h00 aangeskakel word.

Die gemeenskap moet kennis neem dat die water eers aangewend sal word om die munisipale netwerke te spoel en brandkrane oop te maak om die retikulasie stelsel skoon te maak.

Die water tenke is steeds beskikbaar by die volgende areas: Bitouville gemeenskap, karavaanpark sowel as Gouritsmond gemeenskapsaal.

Die gemeenskap word bedank vir hul geduld.

UITGEREIK: Hessequa Munisipaliteit op 11 Mei om 10:31