Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

BURGEMEESTER SE 6-‘N-KANT KRIEKETTOERNOOI: 04 – 16 JUNIE 2021

Die Burgemeester se ses-’n-kant kriekettoernooi wat hierdie jaar vir die derde keer aangebied word, sal op Vrydag, 04 Junie 2021 afskop met die finale wat op Jeugdag, 16 Junie 2021, gespeel sal word. Weens Covid-19 inperking regulasies, sal ‘n verkorte weergawe van die toernooi aangebied word.

Die kriekettoernooi het in 2018 afgeskop nadat Mnr Ampie Moses die Munisipaliteit vir moontlike befondsing vir die aanbied van die toernooi as deel van Kanker bewusmaking, genader het. Hessequa Munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, het die inisiatief onmiddellik ondersteun en die Hessequa Sportraad genader om namens sy kantoor die toernooi te koördineer. Gedurende 2018 het 24 mans spanne en 5 vroue spanne vir die toernooi ingeskryf.

Die tweede Burgemeester se 6 aan ‘n kant Kriekettoernooi het gedurende September 2019 plaasgevind en was dit aan Mnr Ampie Moses wat intussen sy stryd teen kanker verloor het, opgedra. Mnr Moses, ‘n groot krieketgeesdriftige, was een van die hoof organiseerders en die meesterbrein agter die idee om fondse vir KANSA in te samel. Gedurende 2019 het ‘n rekord getal van 37 spanne vir die toernooi ingeskryf.

Inskrywings vir vanjaar se toernooi sluit op 07 Mei 2021 en inskrywingsvorms is by Leighton Lawak by die Riversdal Thusong Dienssentrum in Van den Bergstraat beskikbaar. Die inskrywingsfooi beloop R200 per span en elke span moet hul eie toerusting voorsien.  Slegs sestien (16) mans spanne en vier (4) vroue spanne sal toegelaat word om in te skryf. Navrae kan aan Mnr. Leighton Lawak by (028) 713 7803 gerig word.

Thank for your file upload