Die Hessequa Munisipaliteit in samewerking met die privaatsektor en die Stellenbosch Universiteit se Skool vir Publieke Leierskap het op 10 en 11 November die eerste Hessequa Explorers’ Garden Route Toerisme Indaba op Albertinia aangebied. “ Die Indaba sou nie so ongelooflik suksesvol gewees het as dit nie vir die gehalte insette van rolspelers en kundige sprekers was wat almal daarop gefokus het om die streek se beste produkte en geleenthede uit te lig en voorstelle vir optimaal bemarking en ontwikkeling te maak nie,” het Hessequa se burgemeester, Grant Riddles gesê. “Die streek is ons almal se tuiste en ons brood en botter,” het hy bygevoeg.
Goeie nuus vir diegene wat nie die Indaba kon bywoon nie of wat reeds van die voorstelle wil implementeer, is dat die meeste van die voorleggings en aanbiedings op die webtuiste www.explorersgardenroute.co.za gelaai is.
‘n Videoproduksies van die Indaba sal ook teen die einde van November op die webtuiste beskikbaar wees.
Die voorstelle wat tydens die Indaba uitgelig en bespreek is, word nou in ‘n aksieplan, wat deel sal uitmaak van die IDP/GOP (Geintegreerde Ontwikkelingsplan)vervat vir toekomstig uitvoering.
Nog insette is welkom. Stuur voor 25 November na info@explorersgardenroute.co.za
Sonder die goedgunstiglike bydraes en ondersteuning van die borge, sou hierdie Indaba beslis nie kon plaasvind nie. Baie dankie aan almal wat insette gelewer het – van die Hessequa munisipaliteit, Stellenbosch Universiteit se Skool vir Publieke Leierskap en al die privaat sektor borge – julle het die grondslag gele vir ‘n suksesvolle Indaba . Met julle hulp kan daar verseker word dat deelnemende uitkomste nou in die voorgestelde aksieplan opgeneem kan word.
Dankie aan:
*Sentraal-Suid Korporasie (SSK)
*Henties vrugtesappe
*Moore Stephens Geoktrooieerd Rekenmeesters (van George)
*Prepaid24
*Botterkloof
*Garden Route Game Lodge
*Saruk
*Kasselshoop Kaas
*Jireh Kaas
*Jakkalsvlei wyne
*Stilbaai kelders/De Doornkraal
*Indalu Game Reserve
*Eureka Meulens
*House of Aloes
*SOILL Mayonaisse
*Rauch Gertenbach