Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

OPNAME vir die VERWYDERING VAN VULLIS IN SEKERE LANDELIKE AREAS

Hessequa Munisipaliteit lewer tans ʼn vullis verwyderingsdiens by landelike areas in Gouritsmond, Stilbaai en Riversdal (Garcia en Vermaaklikheid). Die plase en plaaseienaars wat tans bedien word, se besonderhede is nie almal aan die munisipaliteit bekend nie.

In ʼn poging om al die nodige inligting te bekom is ʼn ondersoek nodig by al die roetes wat die vullistrok ry en vullis verwyder.

U sal tydelike werkers met groen glimbaadjies teëkom wat die ondersoek sal behartig. Hul koördineerder, Mochelle May, kan gekontak word by 0781246014.

U word versoek om die werkers op u perseel toe te laat ten einde die opnames te voltooi. Die vrae wat hulle vra, moet asb. deur u of u werknemers beantwoord word.

U begrip en samewerking word waardeer.

Thank for your file upload