Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooi-toerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, enige elektroniese toerusting, batterye, ens. in wat uit die weggeruim is deur die oorspronklike eienaars.
Wanneer e-afval afbreek en nie op die korrekte manier van ontslae geraak word nie, kan die giftige stowwe in grond en grondwater beland. Die materiaal waarvan hierdie produkte gemaak is, kan eerder herwin word om rou materiaal te skep wat weer gebruik kan word.
Wat is e-afval?
Enige toebehore wat met ʼn muurprop of ʼn battery werk of ʼn komponent daarvan.
Byvoorbeeld: Rekenaar, skerms, skootrekenaars, batterye, kabels, rekenaarmuise, sleutelboord, drukkers, telefone, selfone, laaiers, radio’s, strykysters, ketels, yskaste, stowe, lugverkoelers, batterye ens.
ʼn E-afval behoeftebepaling is deur die munisipaliteit in 2016 geloods om die Hessequa gemeenskap se behoefte aan e-afval verwydering te meet. Hessequa munisipaliteit in samewerking met diensverskaffer Enviroclaim sal in Maart 2017 e-afval aflaaipunte en datums per sentrale dorp identifiseer waar die gemeenskap, besighede, skole ens. hul e-afval kan afgee vir verwydering.
Sentrale dorpe wat reeds geïdentifiseer is as aflaaipunte sluit in:
Albertinia
Datum: 1 Maart 2017
Tyd: 09:00 – 11:00
Plek: Gemeenskapsaal
Gouritsmond
Datum: 1 Maart 2017
Tyd: 12:00 – 14:00
Plek: Gemeenskapsaal
Riversdal, Garcia & Vermaaklikheid
Datum: 1 Maart 2017
Tyd: 15:00 – 18:00
Plek: Jurish Park
Melkhoutfontein
Datum: 2 Maart 2017
Tyd: 09:00 – 11:00
Plek: Melkhoutfontein saal
Stilbaai
Datum: 2 Maart 2017
Tyd: 12:00 – 15:00
Plek: Gemeenskapsaal
Jongensfontein
Datum: 2 Maart 2017
Tyd: 15:30 – 17:00
Plek: Parkeerarea by Jongensfontein karavaanpark
Heidelberg
Datum: 3 Maart 2017
Tyd: 09:00 – 12:00
Plek: Heidelberg Gemeenskapsaal
Witsand
Datum: 3 Maart 2017
Tyd: 13:00 – 15:00
Plek: Parkeerarea by Munisipale kantoor
Slangrivier
Datum: 3 Maart 2017
Tyd: 16:00 – 18:00
Plek: Gemeenskapsaal