Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Konsep begroting 2019 2020 hoogtepunte

KONSEP KAPTIAAL BEGROTING 2019/2020 HOOGTEPUNTE

Kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet, moet die munisipaliteit ‘n konsep begroting aan die publiek voorlê vir oorweging en kommentaar alvorens die finale begroting aan die Raad voorgelê kan word vir goedkeuring.

Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs noem dat die finansiële volhoubaarheid van Hessequa is van groot belang en toekomstige begroting moet streng saamgestel en bestuur word volgens die langtermyn finansiële plan. Inkomstebronne is steeds beperk en uitgawes moet tot die minimum beperk word en moet besteding aan onderhoud streng gemonitor word.

Konsep kapitaal begroting 2019/2020 hoogtepunte

Totale inkomste: R490 059 346
Totale uitgawes: R492 207 014

 

Voorgestelde tarief aanpassings
2018/2019 2019/2020
Eiendomsbelasting
Residensieel 8,0%  9,0 %
Besigheid 8,0%  9,0 %
Regering 4,0%  6,63 %
Landelik 8,0% 9,0 %
Leë erwe 24,0%  9,0 %
WATER 12,0% 12.00%
ELEKTRISITEIT 6,84% (gemiddelde)  7,0 % (gemiddeld)
VULLIS 15,0% 15.00%
RIOOL 8,0% 9,0%
DIVERSE TARIEWE 6.0% – 8.0% 6.0% – 8.0%

 

PROJEKTE:

Ontwikkeling van Sportgronde – Slangriver: R3 000 000
Opgradering van Sportveld – Melkhoutfontein: R3 000 000

Opgradering van Paaie: R11 000 000

Opgradering van elektrisiteit netwerk: R21,535 miljoen

Water opgradering: R16,422 miljoen
Riversdale Reservoir rehabilitasie: R3 500 000

Totale Riool opgradering: R27,867 miljoen
Albertinia: R1 550 000
Riversdal: R8 967 500
Stilbaai: R14 000 000
Gouritsmond: R1 500 000

Brandweer: R2 005 000

Die Hessequa Raad beplan konsep begroting sessies in April 2019. Die onderstaande skedule dui aan wanneer die vergadering in u omgewing sal plaasvind vir u deelname.

 

15 April 2019

15:00     Witsand (Gemeenskapsaal)

19:00     Heidelberg (Duivenhoksaal)

19:00     Slangrivier (Gemeenskapsaal)

16 April 2019

19:00     Riversdal (Thusong saal)

19:00     Kwanokuthula (Gemeenskapsaal)

23 April 2019

15:00     Stilbaai (Gemeenskapsaal)
19:00     Melkhoutfontein (Gemeenskapsaal)

25 April 2019

15:00     Gouritsmond (Gemeenskapsaal)

19:00   Albertinia Theronsville (Gemeenskapsaal)

 

Alle finansiële beleide is hersien na deeglike werkswinkels is gehou met die gemeenskap. Die volgende inligting is uittreksels vanuit die voorgestelde konsep beleide:

Eiendomsbelasting
Die munisipaliteit verleen ‘n korting vir afgetrede en gestremde persone wat nie kwalifiseer i.t.v. die Raad se goedgekeurde Deernis beleid nie.
Bykomende kortings vir eienaars wat kwalifiseer ingevolge klousule 9.2.2.2,  kan aan eienaars of vruggebruikers toegestaan word indien hulle in een van die volgende ouderdomsgroepe gekategoriseer kan word:

60 – 75 jaar –  25%

76 – 85 jaar – 35%

86 jaar en ouder – 50% (2018/2019 was 40%)

Deernis beleid
Kategorie A
– Ondersteuning aan kwalifiserende huishoudings waar die gekombineerde totale bruto inkomste van die geregistreerde eienaar / huurder en sy / haar gade of lewensmaat met die minimum bedrag, gelyk of minder is. 2019/20 = tussen R 0.00 tot R3 500.00 pm

Kategorie B – Ondersteuning aan kwalifiserende huishoudings waar die gekombineerde totale bruto inkomste van die geregistreerde eienaar / huurder en sy / haar gade of lewensmaat in die verlengde bedrag is. 2019/20 = tussen R3 501.00 pm – R4 000.00 pm

 

Kredietbeheer en Skuldinvordering
Waterlekkasies

Enige waterlek wat aan die kant van die kliënt wat ontdek word, is die verantwoordelikheid van die kliënt.
‘n Kliënt kan kwalifiseer vir ‘n vermindering van heffing soos deur die Raad bepaal sy / haar rekening in die geval van waterlekkasie, indien:

(i) die lek binne 48 uur na opsporing / kennisgewing deur die munisipaliteit, herstel is

(ii) die kliënt nie aansoek gedoen het vir afslag op waterlekkasies binne die vorige 12 maande nie.

Waar ‘n kliënt so ‘n waterlekkasie herstel het, kan die Munisipaliteit ‘n korting oorweeg op die waterrekening van die kliënt. In hierdie verband:-

  • Die kliënt moet skriftelik aansoek doen vit ʼn korting, binne 10 dae na voltooiing van herstelwerk.
  • ʼn kwitansie as bewys van herstelwerk moet saam met die aansoek ingedien word.
  • die aansoek moet ter goedkeuring by die Hoof Finansiële Beampte ingedien word.
  • die korting sal bereken word op die gemiddelde van die vorige 12 maande verbruik teen die laagste tarief;
  • indien goedgekeur, sal die toepaslike krediet toegepas word in die daaropvolgende rekening;
  • slegs van toepassing wees as verbruik as gevolg van ‘n lek meer as dubbel die gemiddelde gebruik van die vorige 12 maande toegeneem het.

Thank for your file upload