Op 1 Maart 2022 is ‘n inspeksie by Lapskuit-strandgebied en die oewersone van die Goukou Estuarium in Stilbaai gedoen ten einde ‘n opname te maak van die verskillende kano’s/kajaks en roeibote wat verlate of onbewaak op die genoemde gebiede gelaat is.
Na aanleiding van hierdie inspeksie is ‘n gedetailleerde lys met foto’s van die verskillende vaartuie saamgestel en aan die publiek beskikbaar gestel. Die wettige eienaars en/of gebruikers en/of diegene in titel is in kennis gestel om hul kano’s/kajaks en/of roeibote nie later as Vrydag, 6 Mei 2022 te verwyder.
Met goeie samewerking van die publiek is die meeste van die vaartuie verwyder en die paar wat op die waterkant oorgebly het, word vermoedelik dié van eienaars te wees wat nie in die Hessequa area woon nie en dus nie kennis geneem het van die kennisgewing nie.
Die doel van hierdie Kennisgewing is dus om die kennisgewingstydperk te verleng tot die 16de Januarie 2023. Die verlenging word toegestaan om te verseker dat alle wettige eienaars en/of gebruikers en/of diegene in die titel ‘n redelike geleentheid kry om toegang tot hierdie kennisgewing te kry.
Hessequa Munisipaliteit sal ‘n geformuleerde proses inisieer om ‘n amptelike permitstelsel vir klein kano’s/kajaks en roeibote sowel as bergingsareas te verskaf wat ‘n beperkte impak op die natuurlike omgewing sal hê. Hierdie toegewysde bergingsareas sal rondom drie sones wees, naamlik Lapskuit, Goukou openbare sleephelling en die gebied bokant die brug.
Navrae ten opsigte van die Kennisgewing kan gerig word aan die Waarnemende Munisipale Bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670 te bereik, of per e-pos: shagon@hessequa.gov.za of phillip@hessequa.gov.za.
Ingevolge artikel 21(4) van die Wet op Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Stelsels, No. 32 van 2000, word kennis hiermee gegee dat persone wat nie kan lees of skryf nie aangemoedig word om gedurende gewone kantoorure die Munisipale Kantore te besoek, waar daar ondersteuning gelewer sal word deur ‘n beampte van die Departement: Omgewingsbestuur om die kommentaar skriftelik te formuleer.
Verdere inligting is by Mnr. S Carelse beskikbaar by telefoonnommer 028 713 8071 of e-pos: shagon@hessequa.gov.za en by Mnr. P Hendricks by telefoonnommer 028 713 8070 of e-pos: phillip@hessequa.gov.za
MNR HS VISSER
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER