Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

Jaarverslag 2015 2016 oop vir publieke kommentaar

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) asook artikel 127 (5) (a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) dat die Jaarverslag vir die 2015/16 finansiële jaar voorgelê word vir publieke kommentaar en insette. Die verslag sluit onder andere in:

  • die finansiële state;
  • die ouditverslag van die Ouditeur-Generaal.

Die Jaarverslag sal beskikbaar wees by alle Munisipale kantore en biblioteke.

Jaarverslag 2015/2016

Die publiek word genooi om insette, kommentaar en vertoë met betrekking tot die Jaarverslag skriftelik voor te lê en in te dien teen nie later as Vrydag 3 Februarie 2017 om 12H00 aan:

Die Munisipale Bestuurder
Hessequa Munisipaliteit
Posbus 29
RIVERSDAL
6670

Navrae: L. De Villiers by (028) 7138000

Persone wat nie kan lees of skryf nie word versoek om gedurende normale kantoorure die munisipale kantoor op Riversdal te besoek waar u bygestaan sal word om u vertoë op skrif te stel.

Alle insette sal aan MPAC wat die oorsigproses hanteer,voorgelê word vir oorweging.

Thank for your file upload

Comments

Comment:
Folder Name


Check this box to use the original file name

Your browser doesn't have Flash, Silverlight or HTML5 support.

Check this box to zip all files into a single archive.

Check to save file(s) to drafts folder

Start Upload
error: Content is protected !!