Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Klipfontein veldbrand naby Stilbaai

Die veldbrand te Klipfontein naby Stilbaai het op Sondag, 15 Januarie 2017 ontstaan en het die betrokke brandweerspanne deur die nag gewerk. Lug ondersteuning is vir ongeveer 3 ure op Sondag, 15 Jan 2017 verskaf en is die grondspanne vandag, 16 Januarie 2017 ontplooi. Die brand is tans aktief maar onder beheer en danksy die reën is die vuur verkoel, maar moontlike winde en voorspelde hittegolwe bly ʼn risiko.

20 brandweermanne is deurlopend op die grond op ‘n rotasie siklus en 7 amptelike voertuie.

Brandweerspanne van Hessequa munisipaliteit, Eden Distrikmunisipaliteit, Working on Fire (WoF) en Southern Cape Fire Protection Agency (SCFPA) het met grond- en lugspanne die brand bestry. Boere van die omliggende omgewing het die brandweerdienste vrywilliglik kom ondersteun.

Tans is die oorsaak van die veldbrand en die omvang van die skade nie bekend nie en kan geen formele kommentaar gelewer word tot en met die nodige ondersoek afgehandel is nie.

3 Huise is gister ontruim as voorsorgmaatreël en is inwoners vandag weer toegelaat om terug te keer na hul wonings. Brandweervoertuie is gestasioneer by die huise as gevolg van die bedreiging wat die rietdakke inhou.

Raadslid Grant Riddles (Uitvoerende Burgemeester: Hessequa munisipaliteit) het die brandweerpersoneel voorsien van water en kos.

Hessequa Munisipaliteit het groot dank en waardering vir die ondersteuning wat ontvang is van die omgewing se boere asook lede van die gemeenskap wat brandbestryders van voedsel en water voorsien.

Thank for your file upload