WATERBEPERKINGS vir Hessequa streek
Stand van damme soos op 28 Januarie 2019 :
Korentepoortdam = 39,9%
Duivenhoksdam = 44%
Olive Grovedam = 50%
Jongensfontein dam = 100%
WATERBEPERKINGS VLAK 3 steeds in plek vir Riversdal.
-
- Tuine mag slegs twee keer per week natgemaak word tussen 18h00 en 19h00
- GELYKE straatnommers op Maandae en Donderdae en die
- ONGELYKE straatnommers op Dinsdae en Vrydae.
- Tuinslange mag slegs ONDER TOESIG gebruik word.
- Afspuit van verharde oppervlaktes word VERBIED.
- Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n EMMER gedoen word.
- Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
Waterberperkings VLAK 1 vanaf 11 Januarie 2019 in plek vir die Res van die Hessequa-streek.
- Die natmaak van tuine word slegs vanaf 17h00 tot 19h00 toegelaat.
- Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
- Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
- Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.