Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

VLAK 3 Water Beperkings: Albertinia, Heidelberg & Slangrivier

Neem asseblief kennis van die nuwe waterbeperkings wat met onmiddellike effek (03 Februarie 2022) van toepassing is:

  • Tuine mag net een keer per week tussen 17h00 en 18h00 natgemaak word waarvan die gelyke straatnommers op Dinsdae en die ongelyke straatnommers op Donderdae natgemaak mag word. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
  • Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
  • Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede word uitgesluit van hierdie beperking.
  • Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ad-hoc basis bestuur word deur Administrasie.
  • Hierdie vervang vorige beperkings en is geldig vir Albertinia, Heidelberg en Slangrivier.
  • Die situasie in bogenoemde dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.

Thank for your file upload