Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Veldbrand geblus

Bevestiging is laat gistermiddag, Sondag 22 Januarie, ontvang dat die veldbrand tussen Stilbaai en Riversdal geblus is.

‘n Paar opvlammings het in die Blombos-gebied oor die naweek voorgekom weens sterk winde en warm weer, maar lugbystand en grondspanne was deurentyd op die toneel.

Die grondspan is steeds op die vuurlyn om opvlammings te moniteer, asook om opruimingswerk te behartig. Danksy die onbaatsugtige spanwerk tussen Hessequa munisipaliteit, Eden Distriksmunisipaliteit, Working on Fire (WoF), asook die Southern Cape Fire Protection Agency (SCFPA) is hierdie vuur gewen.

Provinsiale Departement van Landbou is vandag in Hessequa om die skade te assesseer en die nodige vorms aan die geaffekteerde boere uit te reik. Departement Landbou word vergesel deur verteenwoordigers van die boeregemeenskap asook Eden Distriksmunisipaliteit. ‘n Dringende werkswinkel sal deur Working on Fire aan die Hessequa boeregemeenskap uitgerol word oor die uitreiking van brandpermitte van isolasiebrande asook die prosedure daaraan gekoppel. Die brandseisoen is nog nie verby nie en voorkomende maatreëls word steeds nagekom.

Thank for your file upload