Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

TYDELIKE SLUITING VAN “SPAZA SHOP” – MAN SHOP, HEIDELBERG

Man Shop, ZW Trading is geleë in Theo Adams Rylaan, Heidelberg, en is ‘n “vendor” vir kragverkope vir Hessequa Munisipaliteit. Die Garden Route Distriksmunisipaliteit het die “spaza shop” gesluit na gelang van higiëne vereistes wat nie nagekom word nie. Kragverkope sal dus tot en wyl nie beskikbaar wees nie.

Die sluiting van die “spaza shop” is tydelik, maar sal die verbod slegs gelig word namate alle gebreke herstel is. Alternatiewe kragverkope punte, waar die omliggende inwoners krag kan aankoop is Jetco Superette, Tifsha en Busy Corner te Heidelberg.

Search

Categories

Thank for your file upload