Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

TYDELIKE OPSKORTING VAN SEKERE FUNKSIES BY HEIDELBERG VERKEERSKANTOOR

Weens voorkomende Covid-19 maatreëls, sal die volgende funksies vanaf 22 tot 30 Junie 2021 nie by die Heidelberg Verkeerskantoor beskikbaar wees nie.

▪  Hernuwing van bestuurslisensies

▪  Aansoek vir leerling lisensies

▪  Hernuwing/aansoek vir professionele bestuurspermitte

Bogenoemde dienste is wel beskikbaar op Riversdal en kan die kantoor tussen die volgende tye besoek word:

Maandae,  Dinsdae en Donderdae: 08h00 tot 15h00

Woensdae: 08h15 tot 15h00

Vrydae: 08h00 tot 14h00

Alle motor registrasie funksies is egter nog steeds by die Heidelberg Verkeerskantoor beskikbaar en word hierdie diens soos normaal voortgesit.

Verskoning word aangebied vir die ongerief.

Search

Categories

Thank for your file upload