Heidelberg se Motor Registrasie kantoor sal 05 – 06 Augustus 2021, asook 13 Augustus 2021 gesluit wees as gevolg van personeel te kort. Die kantoor sal wel vanaf 10 – 12 Augustus 2021 oop wees vir spesifieke dienste en transaksies.
Alle dienste is wel by die Riversdal kantoor beskikbaar indien daar dringende transaksies is wat afgehandel moet word.
Heidelberg kantoor sal die volgende dienste lewer:
DINSDAG 10 AUGUSTUS 2021 (08H30 TOT 15H00)
▪ Alle motor registrasie transaksies
▪ Hernuwing van voertuig lisensies
▪ Enige navrae in verband met motor registrasies
WOENSDAG 11 AUGUSTUS 2021(8H30 TOT 15H00)
▪ Skryf van leerling lisensies
▪ Hernuwing van bestuurslisensie
▪ Hernuwing van Professionele bestuurspermitte
DONDERDAG 12 AUGUSTUS 2021 (8H30 TOT 15H00)
▪ Alle motor registrasie transakies
▪ Hernuwing van voertuig lisensies
▪ Enige navrae in verband met motor registrasies
Die publiek word versoek om geduldig te wees wanneer kantore besoek word aangesien ‘n tekort aan personeel gereeld ervaar word.
HERNUWING VAN MOTOR VOERTUIG LISENSIE DEUR MIDDEL VAN ELEKTRONIESE OORBETALING (EFT)
Bank: Eerste Nasionale Bank
Rek no: 53571024174
Takkode: 200313
Verwysing: Registrasie nommer van voertuig
Epos bewys van betaling asook ID afskrif na dawidw@hessequa.gov.za.