Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

SLUITING VAN MUNISIPALE KANTORE GEDURENDE DIE 2025/2026 FEESSEISOEN

Hessequa Munisipaliteit se kantore sal op Woensdag, 24 Desember 2025 om 13:00 sluit en weer op Vrydag, 02 Januarie 2026, om 07h45 heropen.

Munisipale Kassierpunte

Munisipale kassierpunte sal op Woensdag, 24 Desember 2025 om 12:00 sluit.

Kassierpunte by die munisipale kantore sal op 29, 30 and 31 Desember 2025 tussen 09:00 en 11:00 oop wees SLEGS vir die verkoop van voorafbetaalde water en elektrisiteit.  Geen betalings op munisipale rekeninge sal ontvang word nie.

Voorafbetaalde WATER verkope is beskikbaar by die volgende munisipale kantore:

Riversdal, Heidelberg, Albertinia en Slangrivier.

Voorafbetaalde ELEKTRISITEIT verkope is beskikbaar by die volgende munisipale kantore:

Riversdal, Heidelberg, Albertinia en Witsand.

Verkeersdepartement

Die Kassiere by die Riversdal en Heidelberg Verkeersdepartement sal op Woensdag, 24 Desember 2025 om 10:00 sluit en op Vrydag, 02 Januarie 2026 om 08:00 heropen.

Nood-, bystand- en essensiële dienste soos vullisverwydering sal soos normaal gelewer word.

Search

Categories

Thank for your file upload