Beskermingsdienste wat die Brandweer, Verkeerskantoor, Skut, asook Wetstoepassingsafdeling insluit sal op 30 April 2021 om 13h00 as gevolg van ‘n personeel funksie sluit. Die Motor registrasie en toetsstasie sal normaal tot en met 13h00 die middag funksioneer. Die publiek word versoek om vroegtydig van bogenoemde dienste gebruik te maak om teleurstelling te voorkom. Die beheerkamer (Tel: 028 713 7917) en noodnommer (Tel: 028 713 2222) en sal egter nie beïnvloed word deur die sluiting nie.
UITGEREIK: Hessequa Munisipaliteit