Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

SEWENDE AGTEREENVOLGENDE SKOON OUDIT VIR HESSEQUA MUNISIPALITEIT

Hessequa Munisipaliteit spog weereens met ʼn skoon ouditverslag vanaf die kantoor van die Ouditeur Generaal vir die 2019/20 finansiële jaar.  Wat die prestasie nog meer besonders maak, is dat dit die sewende agtereenvolgende jaar is wat Hessequa Munisipaliteit met hierdie prestasie kan spog.

Die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, het sy waardering en gelukwense teenoor die Raadslede, Munisipale Bestuurder, CFO, die Direkteure en al die personeel uitgespreek en hul bedank vir hul harde werk. “Ek is baie trots op al ons amptenare wat met hul toegewydheid verseker dat ons jaar na jaar hierdie uitsonderlike prestasie bereik”.

Volgens die Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs, is dit elke amptenaar se bydrae en ingesteldheid van dienslewering, asook skoon prosesse op alle terreine wat uiteindelik tot skoon oudits lei.  “Wanneer elke amptenaar verantwoordelikheid vir sy dagtaak aanvaar, ‘n positiewe gees van dienslewering openbaar, die ekstra tree loop en besef dat ons deel is van ‘n goed ge-oliede masjien, dan kom die soet vrugte van sukses vanself!” Hy het ook ʼn spesiale woord van dank teenoor die CFO, Lien Viljoen, die Bestuurder: Strategiese Dienste, Louw de Villiers, asook die Bestuurder: Informasie & Kommunikasie Tegnologie, Jonathan Kleinhans en hulle onderskeie spanne uitgespreek en gemeld dat hierdie 3 gedeeltes die kern van die oudit vorm.

Hy het verder beklemtoon dat geen sukses egter moontlik is in ‘n onstabiele omgewing nie en bedank hy die Burgemeester, Grant Riddles, die Speaker, Andrew Stroebel en die volle Raad dat Hessequa in ‘n stabiele politieke omgewing met duidelike doelwitte en ‘n gefokusde begroting kan funksioneer.

Thank for your file upload