Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

Raadpleging oor die Koste-van-Verskaffingstudie vir Elektrisiteit en die Voorgestelde 2026/2027 Elektrisiteitstariefaansoek

Die Hessequa Munisipaliteit het tydens ’n Raadsvergadering wat op 25 Februarie 2026 gehou is, die Koste-van-Verskaffingstudie vir Elektrisiteit voorlopig goedgekeur as deel van die voorbereiding vir die 2026/2027 voorgestelde elektrisiteitstariefaansoek aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA).

’n Virtuele aanbieding oor die Koste-van-Verskaffingstudie en die voorgestelde 2026/2027 elektrisiteitstariefaansoek sal soos volg plaasvind:

Datum                           :   Maandag, 16 Maart 2026

Tyd                               :   15:00

Platform                       :   Microsoft Teams

Skakel om aan te sluit https://teams.microsoft.com/meet/37459506242249?p=32IOo0uOo8khmUCtGk

Vergaderings-ID           :   374 595 062 422 49

Toegangskode             :   MU9Hu2uz

Elektroniese kopieë van die Koste-van-Verskaffingstudie en die voorgestelde tariefaansoek is beskikbaar op die munisipale webblad by www.hessequa.gov.za, of dit kan per e-pos aangevra word by Matebuo@hessequa.gov.za.

Harde kopieë sal vanaf 11 Maart 2026 by alle munisipale kantore en biblioteke beskikbaar wees. Die publiek word hiermee uitgenooi om skriftelik insette vir die 2026/27 voorgestelde elektrisiteitstarief aansoek tot en met Maandag 24 Maart 2026 om 15:00 in te dien.

Die insette moet gerig word aan:  Die Munisipale Bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670, of per e-pos: gerard@hessequa.gov.za en info@hessequa.gov.za.

Insette kan ook ingehandig word by enige van die kantore te Gouritsmond, Albertinia, Stilbaai, Melkhoutfontein, Riversdal, Heidelberg, Slangrivier en Witsand

Terugvoer op ontvangde insette sal tydens die openbare begrotingsvergaderings in April 2026 hanteer word en sal in die Finale Begrotingsdokument ingesluit word, tesame met NERSA se gepubliseerde beslissing in Mei 2026.

Persone wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure enige munisipale kantoor besoek vir bystand.

A S A DE KLERK: MUNISIPALE BESTUURDER
BURGERSENTRUM
 RIVERSDAL

Search

Categories

Thank for your file upload