Vrydag, 4 Mei 2018 om 08:30
Die veldbrand tussen Klipfontein en Stilbaai, wat op 1 Mei 2018 ontstaan het, is gistermiddag as veilig verklaar.
Ongeveer 1 000 hektaar is geraak deur die brand.
Hessequa Munisipaliteit het groot dank en waardering vir die ondersteuning wat ontvang is van die omgewing se boere, plaaslike gemeenskap asook Eden Distriksmunisipaliteit Brandweer en Southern Cape Fire Protection Association en Working on Fire se personeel.
Brandweerspanne is steeds op toneel om seker te maak dat enige oorblywende rook/smeul onder beheer is en nie weer opvlam nie. Die doel is om enige oorblyfsel van brandende materiaal te blus of verwyder langs of naby die beheerlyn.
_____________________________________________________________________________________
Donderdag, 3 Mei 2018 om 08:30
Die Klipfontein/Stilbaai brand het op 2 Mei 2018 weer opgevlam. ‘n Sterk wind het sake bemoeilik en die vuur weer begin aangejaag. Eden Distriksmunisipaliteit brandweerspan het die brand deur die nag gemonitor. Geen opvlammings is deur die nag opgemerk nie en sal lugondersteuning die stand van die brand vanoggend (3 Mei 2018) assesseer en vir enige opvlammings monitor.
Bevestiging is ontvang dat twee strukture beskadig is tydens die brand. Die inwoners van die geaffekteerde woning wat beskadig is, het reeds hulp en ondersteuning van die plaaseienaar ontvang en is die tweede huis ʼn vakansiewoning.
ʼn Versoek vir die skenking van drinkwater, koeldrank en sjokolade wat energie verskaf is ontvang van die brandbestryders. Donasies kan by die Verkeerskantoor te Riversdale afgegee word of by die munisipale kantore te Stilbaai.
Die ontstaan van die brand is nie bekend nie.
_____________________________________________________________________________________
Nuutse nuus Woensdag, 2 Mei 2018 om 03:55
Sterk wind het veroorsaak dat die brand weer opgevlam het.
Hessequa brandweer, Eden Distrikmunisipaliteit brandweer en Working on Fire personeel is op toneel.
Die beskerming van huise en strukture is prioriteit en word die omvlammings deurlopend gemonitor.
Die publiek word versoek om nie van die grondpaaie in die geaffekteerde areas gebruik te maak nie.
Die skenking van WATER, ENERGIE KOELDRANK EN SJOKOLADES sal waardeer word vir die brandweerpersoneel.
Skenkings kan by die Hessequa Verkeerskantoor afgegee word of by die Stilbaai munisipale kantore.
_____________________________________________________________________________________
Woensdag, 2 Mei 2018 om 02:00
ʼn Veldbrand het op 1 Mei 2018 te Klipfontein area, ongeveer 17km buite Stilbaai ontstaan.
Hessequa Munisipaliteit Brandweer het ondersteuning ingeroep van Eden Distriksmunisipalteit Brandweer (grondspanne en lugondersteuning) asook Working on Fire. Grondspanne het die brand deurlopend gemonitor. Teen 09:00 op 2 Mei 2018, is geen opvlammings is op die buitelyne van die brand ervaar nie.
Die brand is as onder beheer verklaar en as veilig beskou teen ongeveer 10:00 Woensdagoggend.
Geen beserings is aangemeld nie, maar is strukture ontruim as ʼn voorsorgmaatreël.
Die ontstaan van die brand is nie bekend nie.