Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

KENNISGEWING: KORONAVIRUS-INPERKING VLAK 4

Vlak 4 inperking het op 01 Mei 2020 in werking getree. Alhoewel dit ʼn verslapping van sekere regulasies beteken het, het nuwe beperkende regulasies addisioneel in werking getree. Hessequa Munisipaliteit, saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander wetstoepassings instansies sal voortgaan om die nakoming van hierdie regulasies te monitor.

Addisionele beperkings vir inwoners onder Vlak 4-inperking:
• Gesigsmaskers is verpligtend as jy jou woning verlaat (selfs as jy oefen).
• ‘n Aandklokreël tussen 20:00 en 5:00 word toegepas – slegs werkers wat essensiële dienste lewer en persone met die nodige permitte mag buite hul huise gedurende hierdie tye wees.
Verslapping van sekere regulasies onder Vlak 4-inperking:
• Reis tussen Provinsies: ʼn Eenmalige opsie is vanaf 01 – 07 Mei 2020 beskikbaar om terug te keer huis toe of werk toe as jy tydens die inperkingsperiode in ʼn ander Provinsie was.
• Oefening (draf, stap en fietsry) word toegelaat tussen 06:00 en 09:00 binne ‘n radius van 5 km van jou woning af (oefen op die strand uitgesluit).
• Wegneemetes word toegelaat, maar slegs vir aflewering.
• Uitvoergoedere mag na hawens vervoer word.
• Invoergoedere wat op Vlak 4 toegelaat word, mag oor die land heen vervoer word.
Die volgende aktiwiteite word verbied:
• Geen oor-en-weer kuiery word toegelaat nie.
• Verkope van alkohol en tabakprodukte word nie toegelaat nie.
• Strande, sportgronde, parke, openbare swembaddens, vlooimarkte, casino’s, nagklubs en teaters bly gesluit.
• Restaurante bly gesluit vir sit-en-eet (slegs aflewering van wegneemetes word toegelaat)

INWONERS WORD AANGEMOEDIG OM TUIS TE BLY EN SLEGS VIR NOODGEVALLE EN NIE INKOPIES NIE TUSSEN DISTRIKTE TE BEWEEG.

Vind aangehegde dokument vir meer inligting:

HESSEQUA MUNISIPALITEIT – KORONAVIRUS VLAK 4-INPERKING

Geplaas deur Hessequa Munisipaliteit op 5 Mei 2020.

Thank for your file upload