Die Koronavirus is besig om te versprei. Om die verspreiding te stop, moet soveel mense moontlik gekeur en getoets word.
Gesondheidswerkers gaan vanaf Maandag, 11 Mei 2020, die volgende gebiede besoek om deur-tot-deur keuring te doen (sien onderstaande tabel vir gedetailleerde inligting):
SLANGRIVIER:
♦️ Onderrivier
♦️ Bo Kraal
HEIDELBERG:
♦️ Diepkloof
♦️ Dollar Square
♦️ Boonste Joe Slovo
♦️ Oos Dorp
RIVERSDAL:
♦️ Kwanokuthula
♦️ Morestond
♦️ Panorama
♦️ Aloeridge
ALBERTINIA:
♦️ Zone 1
♦️ Zone 3
♦️ Zone 9
♦️ Zone 10
MELKHOUTFONTEIN:
♦️ Zone 1 Ou Scheme
♦️ Zone 4 Harmonypark
Die Gesondheidswerkers sal ID-kentekens en identifiseerbare klere dra. Inwoners word versoek om die gesondheidswerkers asseblief toe te laat om om die keuring vir Koronavirus te doen. Inwoners mag versoek om buite hul huise gekeur te word.
Indien die gesondheidswerkers dink dat ʼn inwoner dalk Koronavirus het, sal die inwoner versoek word om vir ‘n toets te gaan by die toetsarea. Dit is om te verseker dat die gemeenskap teen die virus beskerm word.
Die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles bedank die gemeenskap vir hulle hulp om te keer dat Koronavirus versprei.
Vir meer inligting sien dokument hieronder:
Geplaas deur Hessequa Munisipaliteit op 8 Mei 2020.