Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

INSETTE TOT DIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) EN BEGROTING 2022/2023

Die Voorsitter van die Hessequa munisipale Raad, Raadslid Andrew Stroebel het tydens die raadsvergadering gehou op 29 September 2021 die volgende aangekondig:

Dat die Hessequa munisipale raad in reses gaan vanaf 1 Oktober 2021 tot 1 November 2021. Dit beteken dan ook dat alle raad strukturele vergaderings ook nie in die tydperk sal plaas vind nie.

Die gevolg is dat daar dus nie in Oktober 2021 soos normaal Wykskomitee vergaderings en GOP & Begroting uitreik vergaderings sal plaasvind nie. Inwoners, belangegroepe, en ander sektore word uit genooi om skriftelike insette te lewer t.o.v. die GOP hersiening en saamstelling van die multi-jaar begroting vir 2022/2023.

INSETTE moet gestuur word na inputs@hessequa.gov.za voor of op 30 Oktober 2021.

Die konsep GOP en multi-jaar begrotings sal in Maart 2022 voor die nuwe raad dien . Daarna sal daar die nodige publieke deelname prosesse volg soos vervat in die goedgekeurde GOP en Begroting tydskedule vir 2021/2022.

VIR MEER INLIGTING KONTAK GERUS:

Mnre. Louw de Villiers en/of Stephan Block by 0287138089 / 0287137802

Persone wat nie kan lees of skryf nie word uitgenooi om die kantore van die Hessequa munisipaliteit te kontak gedurende normale kantoor-ure waar personeel behulpsaam sal wees met die formulering van die inset.

Thank for your file upload