Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Hessequa Wykskomitee Verkiesings

Die nominasie periode vir Hessequa wykskomitee lede het op Maandag, 7 Februarie 2022 gesluit.

Daar waar slegs een nominasie ontvang is vir ʼn bepaalde geografiese gebied (blok) en/of sektor, word sodanige genomineerde geag verkies te wees as lid van die wykskomitee.

Nominasies wat nie aan die bepalings en vereistes soos per goedgekeurde beleid van die Raad voldoen nie, is alreeds verwerp en word die betrokke persone skriftelik in kennis gestel.

Indien meer as een nominasie ontvang was, vind ʼn stemming plaas ten opsigte van die geografiese gebied (blok).

Die onderstaande tabel bevat die basiese inligting rakende die datum en tyd van die verkiesings.

Wyk

Gemeenskap

Datum

Tyd

Saal

7

Riversdal Kwanokuthula

14 Februarie

18:30

Riversdal Burgersentrum

5

Heidelberg (Wyk 5)

15 Februarie

18:00

Duivenhoksaal

9

Heidelberg (Wyk 9)

18:00

Heidelberg Stadsaal

2

Albertinia (Theronsville)

22 Februarie

18:00

Theronsville Gemeenskapsaal

 

Reëls tydens die Verkiesing:

Inwoners wat wil deelneem aan die wykskomitee verkiesings moet ʼn geregistreerde kieser in die wyk wees en mag ook net een stem uitbring ten opsigte van elke geografiese area (blok).

Kiesers sal ook by wyse van stembriewe stem.

Ingeval van ‘n gelykop stemming, moet die voorsittende beampte by wyse van loting bepaal wie as verkose geag moet word.

Vir enige navrae kontak Mnr Stephan Block of Mnr Ignatius Verwey by telefoon: 028 713 7802 of

e-pos: stephan@hessequa.gov.za

Thank for your file upload