Hessequa Skole Skaak Ontwikkelingstoernooi
Die Skaak toernooi inisiatief, het gedurende 2012 begin en het die spel skaak, binne Hessequa Munisipale Area, geweldig gegroei. Die Hessequa Skole Skaak Ontwikkelingstoernooi vind jaarliks plaas gedurende November. Hierdie jaar het die toernooi op Saterdag, 13 Oktober 2018 by die Riversdal Thusong Dienssentrum plaasgevind.
Die doel van die toernooi is nie net om die spel skaak as sport kode te bevorder nie, maar ook om opkomende skaakspelers te ontwikkel.
Die volgende skole het hierdie jaar aan die toernooi deelgeneem.
- Oker Primêre Skool
- Hoërskool Albertinia
- Melkhoutfontein Primêre Skool
- Voorwaarts Primêre Skool
- Panorama Primêre Skool
- Volschenk Primêre Skool
- Hoërskool Langenhoven
- Gerrit Du Plessis Senior Sekendêre Skool
- Hoërskool Oakdale
- De Waalville Primêre Skool
- Kairos Sekondêre Skool
- Hoërskool Heidelberg
- Slangrivier Primêre Skool
‘n Totaal van 216 leerders het deelgeneem aan hierdie toernooi.
Die wenners van trofees en pryse (wat ‘n splinter nuwe skaakstel insluit) was as volg:
Laerskole(o/13):
Ontwikkelings spelers van die toernooi:
- Curlin Groenewald- Hoërskool Albertinia
- Zuraida Prins- Panorama Primêr
Wenners:
- 3de Plek: Theo Kleinhans- Slangrivier Primêr
- 2de Plek: Leigh-Hende Eksteen- Hoërskool Albertinia
- 1ste Plek: Leancon Manho- Voorwaarts Primêr
Hoërskole(0/20):
Ontwikkelings spelers van die toernooi:
- Marlon Pietersen- Hoërskool Albertinia
- Jodie Nomdie- Slangrivier Primêr
Wenners:
- 3de Plek: Melissa Stephanus- Gerrit Du Plessis Sekondêre Skool
- 2de Plek: Jeddiah Adams- Slangrivier Primêr
- 1ste Plek: Jeneska Januarie- Gerrit Du Plessis Sekondêre Skool
Hierdie toernooi was ook vir die eerste keer ‘n geregistreerde toernooi, wat beteken die spelers was gegradeer en alle uitslae kan wêreldwyd gesien word op die internet by Chessa.