Hessequa Munisipaliteit wend deurlopend pogings aan om groen energie inisiatiewe te bewerkstellig in die gemeenskap. Hessequa Munisipaliteit is ʼn voorloper vir vergroening in die Wes-Kaap en het eerste plek in die Wes-Kaap Groenste Munisipaliteit Kompetisie gedurende 2015 en 2016 verower.
Hessequa se groen inisiatiewe is ʼn bewys van die Raad se verbintenis om die omgewing te beskerm en te bewaar.
ʼn Konsep “Small Scale Embedded Generation” beleid is opgestel met die doel om alle belangstellende verbruikers die opsie te bied om gebruik te maak van alternatiewe energie soos bv. wind- en sonkrag, om elektrisiteit op te wek. Verbruikers sal die opsie ontvang om elektrisiteit vir hul eie gebruik op te wek of die surplus opwekking direk aan die munisipaliteit te verkoop.
Die konsep beleid is op 6 Maart 2018 met die Raad gewerkswinkel en sal eersdaags ʼn publieke deelname proses volg vir insae en uitklarings rakende die beleid. Onderskeie vereistes en wetgewing is gekoppel aan die raamwerk om die SSEG installasie te implementeer.
The Hessequa Journey towards Renewable Energy
SSEG Guideline Requirements for Embedded Generation
Annexure A – SUPPLEMENTAL CONTRACT FOR EMBEDDED GENERATION
Annexure B – Application for the connection of SSEG
Annexure C- SSEG Installation Commissioning Report
Annexure D – SSEG Decommissioning Report
Annexure E – LIST OF INVERTERS COMPLYING WITH HESSEQUA MUNICIPALITY REQUIREMENTS