Hessequa Munisipaliteit in samewerking met Project Smart Geyser en Plentify, maak HotBot nou in jou eie huis beskikbaar. Project Smart Geyser, befonds deur internasionale borge, kan bewys dat die korrekte aanwending van geisers beurtkrag ʼn vuishou kan gee. Hessequa is die eerste munisipaliteit na Kaapstad om by hierdie inisiatief ingesluit te word.
HotBot is ʼn slim geiser-beheerstelsel wat jou geld spaar op jou elelktrisiteitsrekening, jou waarsku teen lekkasies en die intelligente beheer van jou warmwaterstelsel met ʼn toepassing (Toep of App) in jou eie hande plaas. HotBot help ook om beurtkrag teë te werk deur elektrisiteitsaanvraag na buite-piektye te skuif (wanneer die vraag na elektrisiteit op sy hoogste is).
Hierdie inisiatief bied aan 100 kwalifiserende huishouding die kans op ʼn gratis Hotbot-pakket ter waarde van R4,999 te ontvang, installasie en 24 maande diens ingesluit.
Vir meer inligting en om vas te stel of jy kwalifiseer, besoek https://plentify.io/hessequa/.