In ‘n poging om ʼn tussentydse diens tydens die aangepaste Vlak 4-inperking (28 Junie – 11 Julie 2021) aan die gemeenskap te lewer, sal Hessequa Biblioteke ʼn afhaal- en opteldiens voorlopig vanaf 28 Junie tot 11 Julie 2021 verskaf.
AS GEBRUIKERS BIBLIOTEEKMATERIAAL WIL UITNEEM, MOET DIE VOLGENDE PROSEDURE GEVOLG WORD:
▪ Gebruikers kan die biblioteek met hul versoeke soos volg kontak:
– Telefonies: Die biblioteek se kontaknommer is agterop elke gebruiker se biblioteekkaartjie of
– Stuur ‘n e-pos aan: ursulao@hessequa.gov.za.
▪ Die volgende inligting word versoek wanneer biblioteke gekontak word:
– Gebruiker se naam en van,
– Biblioteekkaartjienommer wat op die voorkant van u biblioteekkaartjie verskyn en
– Die hoeveelheid en tipe biblioteekmateriaal wat benodig word.
▪ Versoeke moet die biblioteek daagliks (Saterdae uitgesluit) tussen 9h00 – 11h00 bereik.
▪ Enige versoeke na bogenoemde tyd ontvang, sal die volgende dag hanteer word.
▪ Biblioteekpersoneel sal die biblioteekmateriaal voorberei vir gebruikers en in plastieksakke verpak met die gebruiker se naam op die voorkant van die sak.
▪ Gebruikers kan hulle pakkies tussen 14h00 – 16h00 vanaf Maandag tot Vrydag by die ingang van die biblioteek afhaal. Die deure sal gesluit wees en gebruiker moet asb. klop vir diens.
▪ Gebruikers moet hulle lidmaatskapkaartjie toon.
▪ Biblioteekmateriaal kan tussen 14h00 – 16h00 Maandag tot Vrydag teruggebring word.
▪ Gebruikers is welkom om vooraf op die aanlyn katalogus-databasis boeke te soek. (https://www.westerncape.gov.za/general-publication/western-cape-government-online-library-catalogue)
VERLENGING VAN BIBLIOTEEKMATERIAAL:
▪ Biblioteekmateriaal wat reeds aan gebruikers uitgeskandeer is, sal outomaties hernu word tot einde 12 Julie 2021.
▪ Geen tydskrifte of oudio-biblioteekmateriaal kan uitgeneem word nie.
▪ Biblioteekmateriaal mag telefonies en per e-pos hernu word.
▪ Geen spesiale aanvrae sal gedoen word nie.
Kontakbesonderhede van u plaaslike biblioteek is agter op u lidmaatskapkaartjie.