Alle rolspelers en inwoners in munisipaliteite word die kans gegun om voorstelle vir wysigings aan munisipale grense in te dien aan die Munisipale Afbakeningsraad. Die proses om munisipale grense te hersien is ‘n normale, wetlike proses wat wat deur die Munisipale Afbakeningswet van 1998 reguleer word. Voorstelle tot wysiging, of ook voorstelle vir geen wysigings kan ingedien word tot en met 31 Maart 2022, direk aan die Afbakeningsraad. Indien lede van die publiek direk aan die Afbakeningsraad hul inset wil stuur, moet hul gebruik maak van die Afbakeningsraad se toepaslike templaat. Die dokumentasie is beskikbaar op die munisipale webtuiste: Info Centre → Document Library → Redetermination of Municipal Boundaries → MDB Circular 2/2021.
Hessequa Munisipaliteit is tans in proses om ‘n voorstel saam te stel as belanghebbende. Lede van die publiek is welkom om hul voorstelle aan die Raad te bied deur dit by die naaste munisipale kantoor op skrif in te dien aan die Munisipale Bestuurder, of per epos aan louw@hessequa.gov.za. Dit is nie nodig om die betrokke dokumentasie te gebruik indien die publiek hul insette aan die Raad wil stuur nie. Insette aan die Raad word ingewag tot en met 11 Maart 2022. Let asseblief daarop dat die Raad self ‘n belanghebbende is en sal insette wat ontvang is oorweeg word, maar die Raad se finale indiening kan moontlik verskil van individuele insette. Daarom die geleentheid om u inset ook direk aan die Afbakeningsraad te stuur.
Enige navrae kan telefonies aan Louw de Villiers gerig word by 028 7138089 gedurende kantoor ure, of per epos na louw@hessequa.gov.za.