ENKANINI WEER GERAAK DEUR BRAND
Inwoners van die informele nedersetting in Enkanini te Kwanokuthula, Riversdale is weereens geraak deur ʼn brand wat op Saterdag, 21 April ontstaan het.
Agt informele strukture het afgebrand en is 24 persone geraak deur die brand. Inwoners is tydelike in die Anna Lupini gemeenskapsaal gehuisves.
Geen beserings is aangemeld nie.
Hessequa brandweer was op die toneel en is die brand onder beheer gebring. Die brand is vermoedelik veroorsaak deur ʼn stoof wat nie afgeskakel was nie.
Skenkings van blikkieskos, rys en pap kan by die Verkeerskantoor afgegee word tot Donderdag, 26 April 2018. Mans, vrouens en kinders is geraak deur die brand en word skenkings van klere en babadoeke verwelkom. Let asb daarop dat omsigtigheid gebruik moet word in die skenkings van tweedehandse klere en geen tweedehandse onderklere aanvaar sal word nie.