Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Burgemeester Oorhandig 73 Titelaktes te Melkhoutfontein

Die UItvoerende Burgemeester, Grant Riddles, het op Donderdag, 2 Mei, 73 Titelaktes aan inwoners van Melkhoutfontein oorhandig. Die oorhandiging was vooraf gegaan met ‘n Behuising Verbruiker opleiding sessie wat die verantwoordelikheid van huis eienaarskap beklemtoon het. Burgemeester Riddles het in sy boodskap versoek dat eienaars verantwoordelik sal omgaan met hul Titelaktes en eiendomme, en dat hulle hul kosbaarste besitting, ‘n huis, moet oppas. Titelaktes moet veilig bewaar word, aangesien die vervangingskoste duisende beloop. Die nuwe eienaars was versoek om Testamente op te stel om enige rompslomp na afsterwe uit te skakel.  Op die foto verskyn Burgemeester Riddles, Raadslid Ben Smith en Raadslid Margaret Jakobs saam met van die persone aan wie Titelaktes oorhandig was.

Thank for your file upload