Huisnommer is nie net gerieflik as ʼn eiendom gevind moet word nie, maar noodsaaklik vir nooddienste om persone in nood te vind. Die sigbaarheid en duidelike vertoning van ʼn huisnommer kan ʼn verskil maak tydens ʼn noodgeval. Hessequa munisipaliteit doen ʼn beroep op alle Hessequa inwoners om huisnommers na te gaan of nommers aan te bring indien dit ontbreek.
Onduidelike of moeilik leesbare nommers bemoeilik die werkinge van SAPD, buurtwagte, nooddienste en munisipaliteit. Volgens die munisipale Verordening insake Strate, Artikel 35, moet ʼn nommer wat vertoon word voldoen aan die volgende:
- Op ʼn sigbare plek op die perseel vertoon word en moet te alle tye sigbaar en leesbaar vanaf die aangrensende straat wees.
- Deur die eienaar van die perseel vervang word so dikwels as wat dit uitgewis of geskend of onleesbaar word.
Die ekstra paar minute wat bestee word om ʼn eiendom op te spoor tydens ʼn noodgeval, kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Neem dus die tyd om te verseker dat jou huisnommer van die staat af gesien kan word en nooddienste te help om jou vinniger te vind.