Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

AMPTELIKE MUNISIPALE EPOS ADRESSE

E-posse vanaf die Hessequa munisipaliteit word beskou as ‘n formele kommunikasie medium. Amptelike terugvoer op navrae en korrespondensie word onder andere deur hierdie medium beantwoord. Let asb. daarop dat alle amptelike elektroniese korrespondensie vanaf die munisipaliteit eindig met ‘n .gov.za byvoorbeeld info@hessequa.gov.za . Die munisipaliteit maak slegs gebruik van .gov.za en is die .gov.za spesifiek vir “government” organisasies geallokeer.

ʼn “Domain name” is ‘n naam wat beskikbaar is op die internet vir enige persoon om te gebruik om hul besigheid ens. elektronies te registreer. Dit staan enige besigheid en die kommersiële mark vry om gebruik te maak van ‘n beskikbare naam wat einde op ‘n

.co.za

.com

.org

.net

Amptelike elektroniese kommunikasie vanaf die munisipaliteit eindig op .gov.za en nie een van die bogenoemde nie. Die inhoud van die e-pos bevat gewoonlik ook ʼn handtekening van die amptenaar met hul kontak besonderhede en munisipale wapen. Die amptelike webwerf van die munisipaliteit is www.hessequa.gov.za .

 

Thank for your file upload