Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

VORDERING MET HESSEQUA SE BEHUISINGSPROJEK TE MELKHOUTFONTEIN

Die beplanningsfase van Hessequa Munisipaliteit se Melkhoutfontein behuisingsprojek is tans in die finale stadium nadat die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning die Rekord van Besluit/Omgewingsgoedkeuring uitgereik het. Die Rekord van Besluit bevat sekere voorwaardes waaraan voldoen moet word, alvorens die “stof” letterlik kan “draai” op die ontwikkelingsterrein.

Op 01 Maart 2021 het die Terrein oorhandiging vergadering in die Melkhoutfontein saal plaasgevind (sien foto aangeheg). Die kontrakteur op terrein, ASLA Konstruksie, sal gedurende die volgende twee weke ‘n kamp en terrein kantoor in Melkhoutfontein vestig, waarna die eerste fase van die groter projek, nl. die installering van ‘n riool styglyn en pompstasie sal plaasvind.

Die res van die projek sal in fases plaasvind en behels die ontbossing van die ontwikkelingsterrein, installering van interne siviele dienste (water, riool, paaie en elektrisiteitsnetwerk) en uiteindelik die konstruksie van huise vir goedgekeurde begunstigdes in lyn met die regering se Beleid.

Die projek maak uiteindelik voorsiening vir 585 gedienste erwe en is dit ‘n multi-jaar projek. Die projek sal geleenthede bied vir voornemende begunstigdes wat in die volgende inkomste kategorieë val, nl. R0-R3500; R3501-R7000 en R7001-R22000 gesamentlike maandelikse huishoudelike inkomste.

Voornemende begunstigdes van Melkhoutfontein omgewing word aangemoedig om te verseker dat hul data op die behuisings databasis volledig opdateer is sodat hul nuutste inligting daarop reflekteer. Verder moet voornemende deelnemers aan die projek verseker dat hulle oor ‘n wettige identiteitsdokument beskik.

Thank for your file upload