Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

VLAK 2 Water Beperkings: Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein, Witsand & Riversdal

Neem asseblief kennis van die nuwe waterbeperkings wat met onmiddellike effek (03 Februarie 2022) van toepassing is:

  • Tuine mag net twee keer per week natgemaak word, waarvan die gelyke straatnommers op Maandae en Donderdae en die ongelyke straatnommers op Dinsdae en Vrydae natgemaak mag word tussen 17h00 en 18h00. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
  • Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
  • Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
  • Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n emmer gedoen word.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
  • Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede is uitgesluit van hierdie beperking.
  • Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ‘n ad hoc basis bestuur word deur Administrasie.
  • Dit vervang vorige beperkings en is geldig vir Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein, Witsand en Riversdal.
  • Die situasie in die verskeie dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.
  • Dat skriftelike versoeke vir die afspuit van huise se dakke met ‘n hoëdruk spuit, goedgekeur word, maar sou die vlak van die Korentepoortdam (Riversdal) tot 50% en laer daal, geen versoeke verder goedgekeur word nie [hierdie is slegs van toepassing op Riversdal].

Thank for your file upload