Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

VERHURING EN VERVREEMDING VAN VERSKEIE MUNISIPALE EIENDOMME

VERHURING EN VERVREEMDING VAN MUNISIPALE EIENDOM

Kennis geskied hiermee ingevolge die voorskrifte van Artikels 14,112 en 116 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) soos gewysig, dat die munisipaliteit van voorneme is om die volgende Munisipale eiendom te verhuur of te verkoop:

VERHURING

AANSOEKER EIENDOMSBESKRYWING DOEL HUURBEDRAG (BTW UITGESLUIT) PER MAAND HUURTERMYN
Simply Wireless (Pty) Ltd. ‘n Gedeelte (Ongeveer 4 vk.m) van die restant van Erf 126, Jongensfontein. Die area sal aangewend word om ‘n telekommunikasie mastoring op te rig. R 1 300.00 met ‘n jaarlikse eskalasie van 8% op 1 Julie. 9 jaar en 11 maande.
Geen – die gedeeltes sal per openbare tender verhuur word. 4 Gedeeltes van ongeveer 500 vk.m elk van Erf 1 te Albertinia. Die 4 gedeeltes sal verhuur word aan kwalifiserende kerke ten einde ‘n struktuur te kan oprig vir die hou van kerkdienste. Die tender sal toegeken word aan die vier tenderaars met die hoogste huur aanbod. 9 jaar en 11 maande

 

VERVREEMDING

AANSOEKER EIENDOMSBESKRYWING DOEL KOOPSOM ((BTW UITGESLUIT)
Wes-Kaapse Regering ‘n Gedeelte (Ongeveer 5644 vk.m) van Erf 2015, Riversdal Die betrokke gedeelte van Erf 2015, Riversdal word reeds deur Laerskool Panorama aangewend. Die Departement Wes-Kaapse Regering is van voorneme om die skool se infrastruktuur uit te brei en het aansoek gedoen om die gedeelte van Erf 2015, Riversdal by die Munisipaliteit te koop teen ‘n nominale bedrag. Die Wes-Kaapse Regering is verantwoordelik vir alle kostes met betrekking tot die aankoop en oordrag van ‘n gedeelte van Erf 2015, Riversdal welke advertensie kostes, landmeter kostes, oordragskoste en grondgebruik aansoek kostes, insluit. R100.00
Geen – Die erwe sal by wyse van ‘n openbare tender proses verkoop word. Erf 3165, Albertinia (2088 vk.m) – die erf sal in twee gedeeltes onderverdeel word. ‘n Totaal van sewe erwe (na die afhandeling van die onderverdelings) sal by wyse van ‘n openbare tender proses verkoop word vir die uitsluitlike doel om te gebruik vir godsdienstige doeleindes. Die onderskeie eiendomme sal teen ‘n markverwante bedrag verkoop word.
Erf 3189, Albertinia (1882 vk.m) – die erf sal in twee gedeeltes onderverdeel word.
Erf 3672, Albertinia (1447 vk.m) – die erf sal in twee gedeeltes onderverdeel word.
Erf 3401, Albertinia (875 vk.m)

Volledige inligting met betrekking tot die ligging, uitleg en verkoop/verhurings- voorwaardes is beskikbaar op die Munisipale webtuiste by www.hessequa.gov.za of by die Munisipale kantoor.

Skriftelike besware/kommentare moet die kantoor van die Munisipale Bestuurder voor of op Vrydag, 18 Junie 2021 om 12:00 bereik.  Besware/kommentare kan per hand afgelewer word by die Munisipale kantore, of kan gepos word aan die Munisipale Bestuurder, Posbus 29, Riversdal, 6670. Persone wat nie kan skryf nie, kan die Munisipale kantoor tydens kantoor ure besoek waar ‘n amptenaar u sal help om u kommentaar of beswaar op skrif te stel.

Laat kommentaar/besware sal nie oorweeg word nie. Verdere inligting en ‘n Engelse weergawe van die advertensie kan bekom word by Me. K. Page by 028 713 7972, of per e-pos by kay-ann@hessequa.gov.za.

JOHAN JACOBS: MUNISIPALE BESTUURDER

VERHURING EN VERVREEMDING VAN MUNISIPALE EIENDOM – Advertensie

ADDISIONELE INLIGTING M.B.T. DIE ADVERTENSIE IN DIE SKF OOR DIE VERHURING EN VERKOPE VAN VERSKEIE MUNISIPALE EIENDOM

Thank for your file upload