Alle belanghebbende partye word hiermee uitgenooi om skriftelik aansoek te doen vir ‘n geldelike skenking aan ‘n organisasie of liggaam buite ‘n regeringsfeer, wat nie kommersiële of sake transaksies verrig nie.
Voorgeskrewe aansoekvorms (vorm 01) is beskikbaar by alle Munisipale kantore, die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester en op die Hessequa Munisipaliteit webwerf (www.hessequa.gov.za) of by die volgende skakel
https://www.hessequa.gov.za/wp-content/uploads/2021/09/GRANT-IN-AID-Application-Form-Form-1.pdf
Voltooide aansoekvorms (vorm 01) vergesel van ‘n dekbrief op ‘n amptelike briefhoof en onderteken deur die hoof van die organisasie of liggaam moet voor of op 30 September 2021 die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester bereik.
Aansoeke op die voorgeskrewe vorm (vorm 01) kan versend word aan:
– Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester, Hessequa Munisipaliteit, Posbus 29, Riversdal, 6670.
– E-pos aansoeke kan gerig word aan: djansen@hessequa.gov.za
Neem asseblief kennis dat toekennings in die volgende kategorieë oorweeg sal word:
– Gesondheidsprojekte- en programme
– Omgewingsorganisasies of-groepe
– Vaste afval opruimingsprojekte en -programme
– Sosiale ontwikkelingsprojekte en -programme
– Sport- en ontspanningsprojekte en -programme
U word uitgenooi om die Munisipale webwerf (www.hessequa.gov.za) te raadpleeg vir meer besonderhede rakende die kategorieë asook uitsluitings.
Alle aansoeke is onderworpe aan die terme en voorwaardes van die Hessequa Munisipaliteit se “GRANT-IN-AID AND TRANSFER PAYMENT” beleid.