Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

UBK keur Julie se baai huur aansoek AF

HESSEQUA UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE KEUR JULIE SE BAAI HUUR AANSOEK AF

Die Uitvoerende Burgemeesterskomitee het op Woensdag, 27 Februarie 2019, die aansoek om ‘n gedeelte van Erf 238 te Stilbaai Oos, bekend as Julie se Baai, te huur, afgekeur.

Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles noem dat die afkeur van die aansoek in die beste belang van die meerderheid van die Stilbaai inwoners is.

‘n Volledige verslag is aan die Burgemeesterkomitee voorgelê waarin die potensiële voordele, nadele en risiko’s sowel as die impak van die beoogde ontwikkeling op die plaaslike ekonomie, omgewing, infrastruktuur en werkskeppingsgeleenthede uiteengesit is.

Die verslag is saamgestel na die aanvang van die aansoekproses, waarin publieke insette ingewin was en gemeenskap die geleentheid ontvang het om die volledige aansoek na te vors en hul feitlike kommentare aan die munisipaliteit te voorsien.

Redes waarom die Burgemeesterskomitee die aansoek afgekeur het:

  • ʼn Totaal van 637 besware is ontvang vanaf die Stilbaai inwoners wat gekant is teen die projek.
  • Die aansoeker het nie volledige inligting met betrekking tot die impak van die projek op Munisipale infrastruktuur ingedien nie.
  • Onvolledige uiteensetting en beplanning van die potensiële voordele op die ekonomie en werkskepping in die omgewing asook hoe dit bereik sou word.

Enige verandering aan die status van Julie se Baai, sal deur die proses van die wysiging van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) moet geskied, wat ʼn publieke deelname proses vereis.

Thank for your file upload