Stilbaai Leeskring ontvang toekenning vir Uitstaande Bydrae tot die Bevordering van Geletterdheid
Die Stilbaai Leeskring het die toekening “Uitstaande Bydrae tot die Bevordering van Geletterdheid” ontvang by die 18de Jaarlikse Kultuur toekening wat plaasgevind het 9 Maart. Hierdie geleentheid was aangebied deur die Department van Kultuur en Sport.
Stilbaai Leeskring het ‘n toekeningsteken ontvang ontwerp deur Heath Nash. Hierdie simbool wat ‘n silkreetvlokkie met okertekening is ‘n hervoorstelling van Blombos-oker. Saam met die toekening is ‘n geraamde sertifikaat ontvang.
Me Anette Conradie (Voorsitter van die Stilbaai Leeskring) het die toekenning ontvang namens die 42 Stilbaai Leeskringlede. Me Conradie (voorsitter van Leeskring, Me Hella Dockel (jarelange leeskringlid) en Gerda Papendorf (Bibliotekaris Stilbaai Biblioteek) was teenwoordig 20 Maart by die Stilbaai expo wat plaasvind by die Stilbaai Gemeenskapsaal, hier het Raadslid Ben Smith (Portefeuljekomitee Raadslid vir Biblioteekdiens) die toekenning weer oorhandig aan die lede.