Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

SKULDVERLIGTING VIR HUISHOUDINGS MET UITSTAANDE SKULD OP BESTORWE BOEDELREKENINGE

Met die implementering van die Kredietbeheer en Skuldinvorderings Beleid, hierin verwys as die beleid, het die munisipaliteit bewus geword van uitstaande skulde op bestorwe boedelrekeninge.  Die beleid definieer die persoon wat die boedel administreer as eienaar en dat slegs daardie persoon mag het om

  • reëlings te tref op agterstallige skuld
  • aansoek te doen vir deernishulp
  • toestemming te gee vir huurders om aansoek te doen vir deernishulp.

Gedurende hierdie proses het die munisipaliteit bewus geraak dat baie boedels nie geregistreer is nie en gevolglik geen magtigingsbrief uitgereik is deur die Meester van die Hof / verteenwoordiger van die Meester nie.  Die probleem word vererger deurdat daar geen testament deur die oorledenes nagelaat is nie.

Gedurende die deernis aansoek proses word baie aansoeke wat deur huurders ingedien word, afgekeur omdat daar geen magtigings brief getoon kan word nie.  Gevolglik, is daar ‘n toename in uitstaande skuld op bestorwe boedelrekeninge en dat huurders dienste verkry sonder betaling in plaas daarvan dat skuld ingevorder kan word deur die Billike Aandeelsubsidie.

Die Raad het besluit om verligting te bied aan hierdie huishoudings in die area deur die afskrywing van agterstallige skulde.  Geaffekteerde huishoudings mag aansoek doen vir die afskrywing van agterstallige skuld op bestorwe boedelrekeninge en moet die volgende inligting verskaf:

  • Die doodsertifikate van die oorlede eienaars (of ‘n beëdigde verklaring  met die besonderhede van die dood waar geen doodsertifikaat beskikbaar is nie); en
  • ‘n Beëdigde verklaring van die persoon wat die eiendom bewoon wat aandui dat hy/sy toestemming het om die eiendom te bewoon en verantwoordelik is vir ‘n huurdersrekening vir munisipale dienste op die eiendom in die toekoms.

Aansoeke kan vanaf 14 April 2025 by die munisipale kantore van die verskeie dorpe ingedien word. Vir enige navrae kan u die kantoor van die Bestuurder: Inkomste (Me Shariefa Daniels) skakel by 028 713 8009 of e-pos shariefa@hessequa.gov.za.

Thank for your file upload