Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

Melkhoutfontein Wes behuisingsprojek volstoom aan die gang

Die tweede behuisingsprojek vir Melkhoutfontein is ‘n rukkie gelede deur die provinsiale departement van Menslike Nedersettings, ondersteun, en is befondsing vir die beplanning van die projek reeds goedgekeur. Hierdie boodskap was tydens ‘n vergadering op Donderdag, 2 Mei deur die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, aan inwoners van Melkhoutfontein en omstreke oorgedra. [Chris Onrust] Die vergadering was bygewoon deur die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, Wyksraadslid, Ben Smith, David Douglas van ASLA, en Chris Onrust. Die Direkteur Gemeenskapsdienste en Behuising, Chris Onrust het beklemtoon dat die beplande projek op koers is, en dat die Omgewingsgoedkeuringsproses tans onderneem word. Hy het gemeld dat sonder Omgewingsgoedkeuring, geen projek in aanvang kan neem nie. Studies word tans deur die Raad se Behuisings Implementeringsagent, ASLA, se professionele span onderneem, om die effek van die nuwe projek op die rioolwerke te Melkhoutfontein te bepaal. Die projek gaan in fases implementeer word, met ander woorde, die installering van siviele dienste eerste, waarna die bou van huise vir goedgekeurde deelnemers sal volg.

‘n Konsep uitleg  wat huidiglik vir 585 erwe voorsiening maak, was aan die teenwoordiges vertoon en verduidelik. Dit word voorsien dat die eerste fase van die projek 250 geleenthede sal skep, maar is dit onderhewig aan die finale goedkeuring vanaf die provinsiale departement van Menslike Nedersettings.  Die projek gaan met behulp van verskillende tipes behuisings instrumente ontwikkel word om voorsiening te maak vir persone met inkomste R0-R3500; R3501-R7 000 en R7001-R22 000. Onrust het benadruk dat potensiele deelnemers die geleentheid sal hê om hul besonderhede op die behuising databasis te verifieer en op te dateer, en sal kennisgewing binnekort in die verband geskied. Die vergadering was afgesluit met ‘n vrae en antwoord sessie. Die gemeenskap van Melkhoutfontein word versoek om saam te werk dat die projek suksesvol implementeer en afgehandel word.

Thank for your file upload