Uitgereik deur Hessequa Munisipaliteit op 05 Junie 2026 @ 15:16
Hoof watertoevoer langs die rivier na Gouritsmond het gebreek weens die rivier wat afkom. Tegniese personeel kan dus nie die probleemarea bereik om herstelwerk te verrig nie. Inwoners word genoodsaak om water spaarsamig te gebruik totdat herstelwerke afgehandel is.