Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

INSTANDHOUDING EN OPGRADERING VAN STILBAAI HAWE

Die Nasionale Departement van Openbare Werke het ʼn implementerings agent aangestel vir die herstel, instandhouding en opgradering van 13 geproklameerde vissershawens in die Wes-Kaap. Die Stilbaai Hawe vorm deel van die projek.

Die Stilbaai Hawe opgraderings projekwaarde beloop ongeveer R7 miljoen en word befonds deur die Nasionale Departement van Openbare Werke. Die nodige Omgewingsgoedkeuring is verkry vir die implementering van hierdie opgraderingsprojek.

As deel van die projek sal 1500 m3 se sand en sediment verwyder word deur gebruik te maak van konstruksie masjinerie.
750 m3 sal direk na die Melkhoutfontein Stortingsterrein vervoer word en sal die sand gebruik word as bedekkings-materiaal. Die balans van 750 m3 sal tydelik gestoor word op die bestaande parkeerterrein by die Stilbaai punt area. Hierdie materiaal sal gebruik word deur die munisipaliteit waar opvulmateriaal benodig word. Areas sal vooraf en spesifiek geïdentifiseer word, om ontwrigting te voorkom. Die vervoer van materiaal sal in samewerking met die Hessequa munisipaliteit gedoen word.

Werkskepping en opleidingsgeleenthede sal deur die implementerings agent aan plaaslike werklose mense beskikbaar gestel word en sal die veiligheidsaspekte deur spesialiste hanteer word.

Die tydsduur van die projek is ongeveer sewe maande vanaf Julie 2018.

Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles tesame met Raadslid Tinus van den Berg en Raadslid Ben Smith is opgewonde en ondersteun die projek. Die implementering van die projek is aan die vissermanne verduidelik en sal nie die werkinge van die vissermanne beïnvloed of affekteer nie. Die nodige gesprekvoering tussen die munisipaliteit en vissermanne sal deurlopend plaasvind.

Thank for your file upload