Afrikaans Afrikaans English EnglishXhosa Xhosa
Search

HESSEQUA WATERBEPERKINGS INGESTEL OP 27 NOVEMBER 2025

Hessequa Munisipaliteit doen ʼn beroep op die inwoners van Hessequa om water spaarsamig te gebruik. Water is ʼn kosbare kommoditeit en waterbesparing moet ‘n leefstyl wees, nie net tydens droogte nie.

Rapporteer oortredings van die waterbeperkings by jou naaste munisipale kantoor of by (028) 713 8000, (028) 713 2222 of 084 014 1828.

Die nuwe waterbeperkings van toepassing op die verskillende dorpe in die Hessequa streek is soos volg:

VLAK 4 Waterbeperkings: Witsand

  • Water mag slegs vir menslike gebruik aangewend word.
  • Die natmaak van tuine word verbied.
  • Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
  • Was van voertuie, karavane en bote word verbied.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n  sigbare wyse aangedui word.
  • Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede is uitgesluit van hierdie beperking.
  • Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ‘n ad hoc basis deur Administrasie bestuur word.
  • Die situasie in die verskeie dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.
  • Wetstoepassing sal die situasie in die dorpe monitor en streng teen oortreders optree.
  • Bogenoemde vervang vorige waterbeperkings en is geldig vir Witsand.

VLAK 3 Waterbeperkings: Albertinia, Heidelberg, Slangrivier en Jongensfontein

  • Tuine mag net een keer per week tussen 17:00 en 18:00 natgemaak word waarvan die ewe straatnommers op Dinsdae en die onewe straatnommers op Donderdae natgemaak mag word. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
  • Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
  • Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede word uitgesluit van hierdie beperking.
  • Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ad-hoc basis deur Administrasie bestuur word.
  • Die situasie in bogenoemde dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.
  • Wetstoepassing sal die situasie in die dorpe monitor en streng teen oortreders optree.
  • Bogenoemde vervang vorige waterbeperkings en is geldig vir Albertinia, Heidelberg, Slangrivier en Jongensfontein.

VLAK 2 Waterbeperkings: Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein en Riversdal

  • Tuine mag net twee keer per week tussen 17:00 en 18:00 natgemaak word, waarvan die ewe straatnommers op Maandae en Donderdae en die onewe straatnommers op Dinsdae en Vrydae natgemaak mag word. Hierdie bepaling vervang alle vorige vergunnings vir die natmaak op ander tye.
  • Tuinslange onder toesig, emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, mag gebruik word op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf gebeur.
  • Afspuit van verharde oppervlaktes word verbied.
  • Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n emmer gedoen word.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.
  • Ouetehuise, kwekerye en karwas besighede is uitgesluit van hierdie beperking.
  • Die lewering van munisipale dienste, wat sportfasiliteite en munisipale bates insluit, is uitgesluit by bogenoemde beperkings en sal op ‘n ad hoc basis deur Administrasie bestuur word.
  • Die situasie in die verskeie dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.
  • Skriftelike versoeke vir die afspuit van huise se dakke met ‘n hoëdruk spuit sal slegs goedgekeur word indien die vlak van die Korentepoortdam (Riversdal) hoër is as 50% [hierdie is slegs van toepassing op Riversdal].
  • Die situasie in die verskeie dorpe sal gemonitor word en strenger beperkings sal ingestel word indien die toestand van waterbronne versleg.
  • Wetstoepassing sal die situasie in die dorpe monitor en streng teen oortreders optree.
  • Bogenoemde vervang vorige waterbeperkings en is geldig vir Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein en Riversdal.
Search

Categories

Thank for your file upload