Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu

HESSEQUA MUNISIPALITEIT SKITTER MET AGT SKOON OUDITS IN ‘N RY

Hessequa Munisipaliteit spog vir die agste agtereenvolgende jaar met ʼn skoon ouditverslag vir die 2020/21 finansiële jaar. Die skoon oudit verslag soos ontvang vanaf die Ouditeur Generaal bevestig weereens dat Hessequa Munisipaliteit een van die top munisipaliteite in die land is.

Volgens die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, is die munisipaliteit se hooffunksie om die gemeenskap te dien. “Ons streef voortdurend daarna om die standaard van dienslewering te verbeter en aan die vereistes van goeie bestuur te voldoen. Om ‘n skoon oudit te bekom is ‘n uitdaging, maar om ‘n skoon oudit te handhaaf is selfs ‘n groter uitdaging. Ek bedank elke munisipale amptenaar vir hul harde werk en die kwaliteit van diens aan die Hessequa gemeenskap. Ek is baie trots op al ons amptenare wat met hul toegewydheid verseker dat ons jaar na jaar hierdie uitsonderlike prestasie bereik.”

Die Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs, het weereens beklemtoon dat hierdie uitsonderlike prestasie moontlik gemaak is deur Hessequa se Raad, wat die administrasie die ruimte gee om hul werk uit te voer en sodoende die gemeenskap te dien. “Dit is elke amptenaar se bydrae en ingesteldheid van dienslewering, asook skoon prosesse op alle terreine wat uiteindelik tot skoon oudits lei.  Wanneer elke amptenaar verantwoordelikheid vir sy dagtaak aanvaar, ‘n positiewe gees van dienslewering openbaar, die ekstra tree loop en besef dat ons deel is van ‘n goed geoliede masjien, dan kom die soet vrugte van sukses vanself! Om op so ‘n hoogtepunt my loopbaan af te sluit en af te tree, vervul ‘n mens met dankbaarheid en die wete dat dit goed gaan met Hessequa want die totale span is toegewyd en ingestel op volhoubare plaaslike regering!”

Thank for your file upload