HEIDELBERG BIBLIOTEEK VIER BOEKFEES
Boekvoorlesing, kinderliedjies sang, storielees, klassieke musiek, drama- en onderhoudvoering is net van die aktiwiteite wat plaasgevind het om Heidelberg Biblioteek se 25ste bestaansjaar te vier in hulle huidige gebou. Stallings het die saal mooi versier en die heerlikste koeke en sop was bedien om hierdie besonderse dag te vier.
Heidelberg Biblioteek in samewerking met Niel Rademan het boeke, musiek en kuns gevier in Heidelberg se Hessequa Harmonie Fees. Fokus die 25 September was op Heidelberg Biblioteek wat sy 25ste bestaansjaar gevier deur die gebruik van boeke en lees. ‘n Diens van 87 jaar word al gelewer aan die gemeenskap van Heidelberg waar dit in 1931 gesig is in ‘n klein kamertjie en geskuif het in 1997 na die gebou waar hulle nou huidig gehuisves is. Ons wens Heidelberg Biblioteek baie geluk met hierdie mylpaal en hoop hulle nog 87 jaar toe. Die Heidelberg Biblioteekpersoneel deel dat “Die gemeenskap is welkom om in te kom loer by die Heidelberg Biblioteek om ons te kom geluk wens. Dankie aan die gemeenskap vir hulle jare lange ondersteuning”.