Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID IS EEN VAN DIE HOEKSTENE VAN OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID IS EEN VAN DIE HOEKSTENE VAN OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID

Die Stilbaai Belangeforum het 140 inheemse bome geborg in ʼn aksie om Stilbaai as die skoonste en groenste dorp te vestig. Tot op hede het die Belangeforum reeds meer as 3 150 bome geskenk en is die bome uitgeplant in publieke areas in die Melkhoutfontein, Stilbaai en Jongensfontein.

Hessequa Munisipaliteit is behulpsaam deur die vervoer van die bome te organiseer wat by Waterwese en Bosbou se Staatskwekery in Wolseley aangekoop is, die bewerkstelling van die wateraanleg infrastruktuur asook die versorging van die bome.

Gemeenskapsleiers Stilbaai Belangeforum neem voortou deur ekologiese entrepreneurskap projekte in Stilbaai te bewerkstellig. Die Belangeforum noem dat deur betrokke te raak by projekte wat die verwydering van uitheemse bome bevorder en werkskepping aanmoedig, speel ons almal ons rol in die skep van ‘n groen omgewing vir komende generasies.

Munisipale Bestuurder Johan Jacobs noem dat Hessequa bevoorreg is om gemeenskapsorganisasies te hê wat belangstel om die omgewing te verbeter en deel te vorm van die munisipaliteit se 100 000 Trees Projek. Die 100 000 Trees veldtog is ‘n omgewingsvriendelike inisiatief en moedig gemeenskapsbetrokkenheid aan. Die doel van die veldtog is om die herstel van ekosisteme te fasiliteer, wat die gesondheid en lewensbestaan van sy gemeenskappe sal verbeter. Tot op hede is daar reeds 10 435 bome, sedert 2015, in die Hessequa Streek aangeplant en geregistreer. Besoek gerus www.100000trees.co.za vir meer inligting oor hoe u betrokke kan raak by hierdie veldtog.

#100 000 Trees Campaign

Thank for your file upload