Eden Drama Fees Uitdunne
Hierdie jaar se Eden Drama Fees uitdunne vind op 14 September 2018 te Heidelberg plaas. Die keurspel word aangebied deur die Departement Kultuursake en Sport en die Hessequa Munisipaliteit. Die doel van die fees is om plaaslike teater in die Eden-gebied te bevorder, en om plaaslike groepe die geleentheid te bied om aan professionele feeste te kan deelneem.
Ooreenkomste is gesluit met die Baxter teater en organiseerders van die ABSA KKNK en die Suidoosterfees as vennote om die wenners blootstelling te gee aan professionele feeste wat deur hulle aangebied word.
Die program word aangebied by die Duivenhoks Gemeenskap saal te Heidelberg en begin die verrigtinge om 15h00. Die gemeenskap word aangemoedig om die program te ondersteun en deel te vorm van hierdie uitstekende inisiatief.
Vir enige verdere navrae kan Raymond Heunis gekontak word by 028/7137803.