COVID-19 BEWUSMAKINGSBANIERE

image_pdfimage_print

Hessequa Munisipaliteit het op 09 Maart 2021 ses Covid-19 bewusmakingsbaniere in ontvangs geneem wat in Hessequa se dorpe (Riversdal, Albertinia, Gouritsmond, Stilbaai, Witsand en Heidelberg) aangebring gaan word.

Volgens die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, is dit belangrik dat inwoners en besoekers aan Hessequa steeds verantwoordelik optree om ʼn derde golf van infeksies te voorkom.

 

Foto aangeheg (v.l.n.r.):

Die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, die Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs en die Speaker, Andrew Stroebel.